indeks-omslag Hierdie uiters volwasse bundel reis op uitgebreide paaie na wat die wese is van die digkuns. Die digter is in konstante gesprek met die woord en die moontlikhede wat die woord bied. Haar vermoë om die woord se wisselende buie, in gesprek met ander woorde, raak te sien en te benut, is nog nooit só suksesvol aangewend nie.

Met ’n meer liriese aard, toeganklikheid en innige menslikheid is Indeks ’n hoogtepunt in Hambidge se oeuvre.

Oor die digter: 

Joan Hambidge is een van die bekendste literêre figure in SA. As kritikus skroom sy nie om in die letterkundige bokskryt te klim om haar oortuiginge te verdedig nie. Sy is professor in Afrikaanse letterkunde en kreatiewe skryfwerk aan die UK. In 2012 is haar bundel Visums by verstek met die ATKV-Woordveertjie vir Poësie bekroon.

Koop dit nou!  Takealot | Raru | Loot | Graffiti