’n Gedig deur Kelly-Lee Ohlson as huldeblyk aan Adam Small

Kelly-Lee Ohlson
Kelly-Lee Ohlson

Kô lat ek dankie sê

Adam, vi’ jou skryf ek ‘n kaalvoet gedig

Soema’ soe sonne ienige hoge woorde

Sonne ienage anglisismes

Sonne ‘n angeplakte aksent

Net soema

‘n kaalvoet gedig –

 

Want djy’t my taal grootgemaak

In jou groot, stêk bryn hanne

Djy’t Kaaps gebeitel met jou slim foenetiese aanslag

En skêp woorde

 

 

My jy is nou ‘n djy

My grap is nou ‘n joke

My skottelgoed is nou skorregoed

Djy’t jou lewe opgeoffe’ vi’ my taal

Solat ek oek nou trots is as ek my mont

Oepe maak en my Kaaps soe ‘n lekke’ backflip in my mond maak

Dankie dat djy soes ‘n Moses die stemloses gelei het

 

Jou skrywes is my ienagste Bybel

Wan êrens in my neigborhood is daar ‘n Blanchie  wat ha lyf verkoep,

is daar ‘n Makiet wat vi’ ha’ seun bid

is daar ‘n doemanie met ‘n palys hys en ‘n aeroplane-motorkar

 

 

Adam, jou naam is soes ‘n koesieste’

in my siel ingeweef

djy is een met my identiteit

ek sien my in jou

ek sien jou in my

ek is djy

djy is ek

 

Maar ek is soe sorry Adam

Dat Kaaps nog gesien word

As die stiefkind van Afrikaans