’n Gedig deur Jason Jacobs as huldeblyk aan Adam Small

Jason Jacobs
Jason Jacobs

Kers
vir wyle Adam Small
28/06/2016

‘n Kers vou uit die nag
woorde ontsnap,
gedagtes
wat wyd vloei en grond los loop,
wat op die wind ry en wolke los dink:
mis
smekend na die son om die kus weer op te tel,
tafeldoeke wat op omkeer verhelder
rotse brand uit gebed
oorskiet-vlam wat koue harte troos
en met tyd wals

die wind skep lig

‘n maan brand wit

 

Besoek Jason Jacobs se webblad